Die gemeente is betrokke by Zonnebloem Tehuis vir bejaardes asook Elizabeth Roos Tehuis vir gestremde dames. Woordbediening word weekliks vir die inwoners aangebied.
Gevangenisbediening
Gershwin Nehemiah – ‘n ouderling van die gemeente – is aktief besig met die bediening van gevangenes in die Pollsmoor- en Drakenstein gevangenisse. Verder is hulle ook besig met opheffingswerk van kinders in Bonteheuwel.
Christelike Seemans Organisasie
Hierdie organisasie bestaan reeds sedert die Tweede Wêreldoorlog en het hulle ontferm oor seesoldate van skepe wat Kaapstad aangedoen het. Vandag is dit uitreike na alle seemanne wat Kaapstad aandoen. Ds Andre Lammertyn is ons sendeling by CSO
Straatbediening
Ons leraar en medewerkers is daagliks op die strate van Kaapstad te sien waar hulle besig is met opelugprediking. Die evangelie word gebring aan enigeen wat wil luister en ‘n Johannesevangelie word aan enigeen gegee wat behoefte het aan God se Woord.
Thailand
Danie en Marina Krynauw is sedert 1995 by ‘n gemeente in Pattaya, Thailand betrokke. Ons gemeente ondersteun hulle met groot dankbaarheid vir hulle onbaatsugtige werk in Christus se diens